top of page

6.1. LEWENSVAARDIGHEEDE WAAROOR DIE GOEIE ONDERWYSEER MOET BESKIK

Waardes

Waardebewussyn is ‘n belangrike eienskap waaroor goeie opvoeders moet beskik (Kok & Grobler, 2011:134).

Goodson (2000:18) skryf: “Teaching is, above all, a moral and ethical vocation”. Volgens van Loggerenberg (1981:9) en De Witt (1979:103) moet ‘n opvoeder ‘n Christen wees, want die Christenopvoeder sien hom-/haarself in diens van God.

Elke dag is vir die opvoeder ‘n geleentheid om sy/haar oortuigings prakties uit te leef (Fourie, Oberholzer & Verster, 1992:69).

‘n Opvoeder behoort etiese en morele kodes soos eerlikheid, vertroulikheid en aanspreeklikheid te onderskryf.

Werksetiek soos vroegtydige en behoorlike voorbereiding vir die onderrigsituasie is belangrik.

Dieselfde geld vir stipheid en netheid (Wilmot, 2000:12; Van Staden, 1997:7; Fried, 1995:31-32). 

 

Opvoeder-Leerderverhoudinge

‘n Opvoeder moet begrip en liefde vir kinders hê—ook die stoutes, die sukkelaars en die minder begaafdes (Kok & Grobler, 2001:134; Fourie, Oberholzer & Venter, 1992:57-58; De Witt, 1979:104). Fourie et al. (1992:58). Noem 8 kenmerke van die liefde van ‘n opvoeder vir sy/haar leerders. Die liefde sluit respek vir, vertroue, asook vriendelikheid teenoor die kind in. Die opvoeder toon opregte belangstelling in die leerders. Die opvoeder skenk individuele aandag aan elke leerder en is bereid om meer van die leerders se vreese en ideale te  wete te kom. Opregte aangetrokkenheid tot leerders sal lei tot empatie met hulle omstandighede. Indien ‘n leerder en ‘n krisissituasie so verkeer, sal die opvoeder se optrede van meelewing en geduld spreek. Opvoeder- leerder- kommunikasie moet opbouend en opreg wees. Gebalenseerde en redelike optredes sal tot wedersydse respek lei. Opregtheid en toeganklikheid beteken dat die opvoeder plek vir die leerder in sy/haar lewe gemaak het. Laasgenoemde impliseer dat die opvoeder se verantwoordelikheid teenoor die leerders ook na skoolure strek. Van Staden (1997:7) beklemtoon egter dat die leerder-opvoederverhouding ‘n proffesionele verhouding is. ‘n Opvoeder wat gewildheid onoordeelkundig nastreef, is onvolwasse. Die suksesvolle opvoeder handhaaf gesonde dissipline in en buite die klaskamer. ‘n Opvoeder moet konsekwent, billik en opreg in sy/haar verhouding met elke leerder wees.  

 

https://www.youtube.com/watch?v=WtPZtioFFH4

(HIGHLIGHT VIDEO, RIGHT CLICK AND CLICK ON "GO TO https://www.youtube.com/watch?v=WtPZtioFFH4")

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

6.2 KLASDISSIPLINE

Die gebrek aan dissipline in Suid-Afrikaanse skole en die morele verval van die samelewing is reeds in verkeie publikasies beklemtoon. Wat egter nog weinig aandag geniet het, is die mate waartoe waardes ‘n rol speel in klaskamerdissipline. Daar is bevind dat die indikatore van die selwaarde, soos selfdissipline, goeie maniere, selfbeheersing, volwassenheid en selfverantwoordelikheid die vernaamste rol speel in die gehoorsaaming van klasreëls, tewyl die selfde waarde ook die vernaamste rol speel in die verontagsaming van klasreëls, verval as daar nie gehoor gegee word aan die leerders se drang na selfstandigheid en selfverantwoordelikheid nie. 

 

 

 

https://www.youtube.com/watch?v=vgBjq1EsDHU

(HIGHLIGHT VIDEO, RIGHT CLICK AND CLICK ON "GO TO https://www.youtube.com/watch?v=vgBjq1EsDHU")

 

6.3 SELFSORG VIR DIE HARDWERKENDE ONDERWYSER

Om goeie selfsorg vir jouself te hê moet jy moet jy ‘n sterk selfbeeld hê.

SELFBEELD:

Selfbeeld kan gesien word as hoe jy jouself as mens evalueer en hoe jy jou rol in die wêreld sal beskryf. Jy is ‘n unieke idividu met sterk- en swak punte. Motiveer jou sterk punte en werk aan jou swak punte. Wees jouself.

 

Wees realisties, gee erkenning en motiveering vir positiewe versterking sowel as negatiewe kritiek. Aanvaar dat jy gaan foute maak en leer hoe om dit te hanteer, teleurstellings.

Leer hoe om met ander oor jou emosies en negatiewe dinge te kan praat. Wees lief vir

 

 

As ‘n onderwyser moet jy ‘n onvoorwaardelike liefde en aanvaarding vir jou kinders hê. Jou kind moet weet dat jy hulle teen alle tye lief het.

 

Maniere om jou selfsorg vir die onderwyser te ontwikkel:

  • Ontwikkel jouself as ‘n geheel

  • Versorg en vertroetel jouself

  • Ontwikkel ‘n goeie ondersteuningssisteem

  • Fisiese welstand en liggaamsbeeld

  • Uiting van emosie

  • Positiewe selfpraat

  • Gevoel van sukses

 

https://www.youtube.com/watch?v=ypFRxw9czi4

(HIGHLIGHT VIDEO, RIGHT CLICK AND CLICK ON "GO TO https://www.youtube.com/watch?v=ypFRxw9czi4)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

bottom of page