top of page

 

_________________________________________________________________________

2

INLEIDING TOT LEWENSORIËNTERING IN DIE SENIOR FASE

_________________________________________________________________________

 

 

Wat is Lewensoriëntering?

Lewensoriëntering is sentraal tot die holistiese ontwikkeling van leerders. Dit is gemoeid met leerders se vaardighede, kennis en waardes oor die sosiale, persoonlike, intellektuele, emosionele en liggaamlike groei, asook met die verband tussen hierdie fasette. Lewensoriëntering gee leiding aan leerders en berei hulle voor op die lewe en al sy moontlikhede. Lewensoriëntering rus leerders spesifiek toe vir 'n suksesvolle en sinvolle lewe in 'n snelveranderende samelewing.

Die fokus is die ontwikkeling van die self in die samelewing. Dit bevorder selfmotivering en leerders leer hoe om doelwitte te stel, probleme op te los en om sinvolle besluite te neem. Hierdie persoonlike groei, vorm deel van die poging om 'n demokratiese samelewing, 'n produktiewe ekonomie en 'n verbeterde lewensgehalte te skep. Leerders word gelei om hulle volle potensiaal te ontwikkel en hulle word geleenthede gebied om ingeligte besluite te neem ten opsigte van persoonlike- en omgewingsgesondheid, studiegeleenthede en toekomstige loopbane.

Lewensoriëntering laat leerders toe om nuttige sosiale interaksie te ontwikkel soos om ander se regte en waardes te respekteer. Dit moedig ook lewenslange deelname aan ontspannings- en fisiese aktiwiteite aan.

 

Die vak bestaan uit die volgende vyf onderwerpe in graad 7 tot 9:

1)  Selfontwikkeling in die samelewing

2)  Gesondheids-, sosiale en omgewingsverantwoordelikheid

3)  Grondwetlike regte en verantwoordelikhede

4)  Liggaamsopvoeding

5)  Wêreld van werk

 

Die kwessies wat in elke onderwerp aangespreek word, is verwant aan die kwessies wat in die ander vier onderwerpe van die vak aangespreek word. Die vyf onderwerpe in Lewensoriëntering funksioneer onafhanklik en word as ewe belangrik geag as gevolg van die interafhanklike en holistiese aard van die vak. Die tyd wat aan elke onderwerp spandeer word, mag varieer en behoort nie as maatstaf gebruik te word om die belangrikheid van die onderwerp te bepaal nie.

Die onderwerpe in Lewensoriëntering in graad 7, 8 en 9 is verwant aan die onderwerpe wat in die Grondslagfase, Intermediêre Fase en Graad 10, 11 en 12 behandel word. Die Lewensoriënteringkurrikulum vir Graad 7, 8 en 9 fokus op soortgelyke areas van vaardighede, kennis en waardes, en berei leerders voor om met hierdie vak in graad 10, 11 en 12 voort te gaan. Die inhoud wat in die laer grade onderrig word, dien as grondslag vir die inhoud wat in die hoër grade onderrig moet word.

 

[Die bogenoemde is ‘n kopie vanuit die: (KABV – Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring, Departement van Basiese Onderwys, Suid-Afrika, bl.8)]

 

_________________________________________________________________________

2.1

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS IN LEWENSORIËNTERING VIR SENIOR FASE

_________________________________________________________________________

 

Lewensoriëntering het dit ten doel om:

1)  leerders te lei om hulle volle fisiese, intellektuele, persoonlike, emosionele en sosiale potensiaal te bereik;

2)  leerders se vaardighede te ontwikkel om op uitdagings te reageer en om 'n aktiewe en verantwoordelike rol in die ekonomie en samelewing te speel;

3)  leerders te leer om hul grondwetlike regte en verantwoordelikhede uit te leef en om die regte van ander te respekteer;

4)  leerders te lei om ingeligte en verantwoordelike besluite te neem aangaande hul gesondheid, omgewing, vakkeuses, verdere studie en loopbane; en

5)  geleenthede te skep waar leerders begrip kan toon vir en deelneem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.

 

[Die bogenoemde is ‘n kopie vanuit die: (KABV – Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring, Departement van Basiese Onderwys, Suid-Afrika, bl.9)]

 

_________________________________________________________________________

2.2

LESBEPLANING IN LEWENSORIËNTERING VIR SENIOR FASE

_________________________________________________________________________

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

[Die bogenoemde is ‘n kopie vanuit die: (Onderwys platvorm Thutong wat saam gestel is deur Nasou via Afrika uitgewers, Suid-Afrika. bl. 93 -94)]

 

__________________________________________________________________________

2.3

BLOOM SE TAKSONOMIE IN LEWENSORIËNTERING VIR SENIOR FASE

__________________________________________________________________________

 

Bloom was ‘n opvoedkundige sielkundige wat gefokus het op die ontwikkeling van ‘n klassifikasiestelsel waardeur opvoedkundige doelwitte georganiseer kan word volgens hulle kognitiewe kompleksiteite. Die doel van die ontwikkeling van ‘n klassifikasiestelsel was om ‘n meer betroubare bron vir die assessering van studente, asook die uitkomste van onderrig, saam te stel en word internasionaal gebruik as basis vir die opstel van assesseringsmateriaal.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

[Die bogenoemde is ‘n kopie vanuit die: (KABV – Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring, Departement van Basiese Onderwys, Suid-Afrika, bl.9) & (Voorbeeld van Bloom se Taksonomie. NWU – Noordwes Universiteit, Potchefstroomkapus, Suid-Afrika)]

 

_________________________________________________________________________

2.4

ASSESSERING IN LEWENSORIËNTERING VIR SENIOR FASE

_________________________________________________________________________

 

2.4.1 PROJEKTE

 

Die projek sal 'n werkstuk wees waarin kennis, vaardighede en waardes gedemonstreer word, wat sal lei tot bevoegdheid in die spesifieke of geïntegreerde inhoud. Die taak behels die versameling, ontleding en/of evaluering van data en inligting wat sal lei tot die sintetisering van die bevindinge in 'n skriftelike produk waaroor verslag gedoen, gemodelleer of deur die leerders uitgevoer kan word. Leerders sal ook data/hulpbronne/inligting versamel buite die kontaktyd om die taak uit te voer. Die voltooiing van die projek word deur die onderwyser gedurende klastyd gefasiliteer om die geldigheid van die produk te verseker.

 

Die onderwerp en aard van die projek sal bepaal word deur die inhoud wat in die jaarlikse onderrigplan gedek moet word. Leerders moet genoeg tyd gegun word om die projek te voltooi. Leerders behoort vanaf die aanvang voldoende leiding gegee te word en vordering behoort deurgaans gemonitor te word. Alle toepaslike assesseringskriteria moet met die leerders bespreek word voordat daar met die projek begin word. Leerders moet genoeg tyd gegun word om die projek te voltooi, daarom behoort dit voor die einde van die tweede kwartaal gegee te word sodat dit gedurende die derde kwartaal ingehandig kan word.

 

2.4.2 ONTWERP EN SKEP

 

Dit behels die ontwerp en skep van die werklike produk deur gebruik te maak van skeppende prosesse om 'n sekere bevoegdheid te bereik. Die skep van 'n voorwerp is die eindproduk van 'n ontwerp. Daar word van die leerders verwag om te ontwerp, te skep en beskrywende paragraaf/paragrawe oor die taak te skryf. Leerders moet begrip toon van die kennis wat verwerf is, asook die toepassing van die kennis en vaardighede. Die fokus sal bepaal word deur die inhoud wat in die jaarlikse onderrigplan gedek word. Die onderwyser voorsien die leerders van hulpbronne en inligting wat benodig word om die taak te voltooi. Alle assesseringskriteria wat op die taak van toepassing is moet vooraf met die leerders bespreek word.

 

Voorbeelde:

• Maak 'n plakskildery (collage) of 'n plakkaat wat jou eie persoonlike dieet beskryf met verwysing na jou eetgewoontes en voedingswaarde. Skryf een tot twee paragrawe wat jou eetgewoontes beskryf en hoe om slegte gewoontes te verbeter of goeie gewoontes vol te hou.

• Ontwerp 'n plakkaat deur prente, foto’s en tekeninge te gebruik wat jou doelwitte weerspieël in verhouding tot jou persoonlike lewenstyl en toekomstige loopbaan. Skryf kort aantekeninge en heg 'n plan aan wat sal beskryf hoe jy jou doelwitte sal bereik.

 

2.4.3 WERKSTUK & GEVALLESTUDIE

 

Die werkstuk laat 'n meer holistiese assessering van kennis, vaardighede en waardes toe en die toepassing daarvan in verskillende kontekste. Die werkstuk is nie so oop soos 'n projek nie en daar word nie van die leerders verwag om data en inligting te versamel, te analiseer en/of te evalueer met die doel om dit te sintetiseer nie. Die werksopdrag is 'n oefening met duidelike riglyne en 'n spesifieke lengte waarin probleme opgelos word en/of besluitneming en die toepassing van kennis gedoen word. Die fokus sal bepaal word deur die inhoud wat gedek is volgens die jaarlikse onderrigplan. Die onderwyser voorsien die hulpbronne en inligting aan die leerders wat hulle gaan benodig om die taak te voltooi. Alle toepaslike kriteria moet met die leerders bespreek word voordat die taak begin word.

&

'n Gevallestudie behels 'n gedetailleerde beskrywing van 'n spesifieke situasie of verskynsel. Dit kan 'n werklike of hipotetiese beskrywing wees en dit kan uit 'n boek, koerant, tydskrif, video of die radio geneem wees. Die gevallestudie sal die onderwyser in staat stel om te bepaal of die leerders die kennis, vaardighede en waardes in 'n onbekende konteks kan toepas. Die fokus sal bepaal word deur die inhoud wat in die jaarlikse onderrigplan gedek moet word. Die onderwyser voorsien die leerders van hulpbronne en inligting wat benodig word om die taak te voltooi. Alle toepaslike kriteria moet met die leerders bespreek word voordat hulle met die taak begin.

 

2.4.4 LIGGAAMSOPVOEDING

 

Liggaamsopvoeding (LO) se doel is om die leerders se fisiese welsyn en die kennis van beweging en veiligheid te ontwikkel. Dit moedig leerders aan om aan 'n wye verskeidenheid aktiwiteite deel te neem wat met die ontwikkeling van 'n aktiewe en gesonde leefwyse vereenselwig word. LO het dit ook ten doel om leerders se selfvertroue en algemene vaardighede, veral dié wat met samewerking, kommunikasie, kreatiwiteit, kritiese denke en estetiese waardering gepaardgaan, te ontwikkel. Dit, saam met die kweek van positiewe waardes en houdings in Liggaamsopvoeding, voorsien 'n goeie grondslag vir leerders se lewenslange en -omvangryke leer.

 

Alle Liggaamsopvoedingperiodes sal op praktiese, fisiese-, en massadeelname aan bewegingsaktiwiteite vir genot en verrykingsdoeleindes fokus. Die doel is om leerders aan te moedig om hulself te verbind tot - en betrokke te raak by - gereelde fisiese aktiwiteit as deel van hul leefwyse.

Die LOT word gedurende al vier die skoolkwartale in Graad 7-9 gedoen. Daar word van leerders verwag om een keer per week aan die Liggaamsopvoedingperiode deel te neem wat 'n vaste periode op die rooster is. Dit staan ook bekend as Liggaamsopvoeding. Leerderdeelname en uitvoering van bewegings in die LOT sal dus geassesseer word en aan die einde van elke kwartaal sal daaroor verslag gedoen word. Die vakadviseur sal die LOT modereer tydens aangekondigde skoolbesoeke, deur die leerders waar te neem terwyl hulle besig is met die uitvoering van die werklike assesseringstaak.

 

Die fokus van die assessering van die LOT word in twee breë kategorieë verdeel:

1) Deelname: Leerders word blootgestel aan die besef van die waarde van gereelde deelname aan fisiese aktiwiteit. Deelname behoort verdere ontwikkeling, genot en die bou van selfvertroue aan te moedig.

2) Uitvoering van bewegings: Leerders word geassesseer op die vlak waarop hulle in staat is om te presteer. Uitvoering van bewegings behoort nie 'n gevoel van kompetisie aan te moedig nie.

 

Die onderwyser sal waarneem of die uitvoering van die beweging die gewenste uitkoms het wat op die  algehele uitvoering van die beweging fokus eerder as op die gedetailleerde meganismes van elke beweging. Sodra die onderwyser egter vertroue opgebou het en weet hoe om die motoriese vaardigheid af te breek en die bewegingsvolgorde in verskillende dele op te breek, kan addisionele kriteria bygevoeg word om die uitvoering in groter diepte te assesseer.

 

Assesseringsinstrument vir Liggaamsopvoedingtaak

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

'n Klaslys sal gebruik word om 'n punt uit 20 te bepaal vir deelname en 'n punt uit 10 vir uitvoering van bewegings aan die einde van elke kwartaal, dit wil sê, vier lyste vir graad 7, 8 en 9. Die aantal LO-periodes per kwartaal sal deur die Departement van Basiese Onderwys se skoolkalender vir die jaar bepaal word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Neem kennis:

 

Kriterium 1: Gereeldheid van deelname

Daar word 'n punt uit 20 aan die einde van elke kwartaal aan elke leerder toegeken op grond van die gereeldheid waarmee hy/sy aan die Liggaamsopvoedingperiodes deelgeneem het. Indien die leerder afwesig was vir daardie spesifieke periode, word dit op die klaslys met 'n ‘a’ aangedui en 'n ‘x’ dui aan dat die leerder aanwesig was maar nie deelgeneem het nie. 'n Leerder wat altyd deelneem wanneer hy/sy teenwoordig is, behoort nie gepenaliseer te word wanneer hy/sy afwesig is nie, maar 'n leerder wat slegs nou en dan deelneem behoort wel gepenaliseer te word tydens afwesigheid.

Verdeel die aantal kere waarin 'n leerder aan die LO-periodes deelgeneem het per kwartaal en vermenigvuldig dit met 100 om die persentasie vas te stel. Daarna word dit verwerk na 'n punt uit 20 volgens die bogenoemde assesseringsinstrument.

 

Kriterium 2: Uitvoering van beweging

Hoewel daar 'n rekord gehou word van leerderdeelname per week, sal leerders nie tydens elke Liggaamsopvoedingperiode geassesseer word in die uitvoering van beweging nie, maar dit sal twee keer tydens die skoolkwartaal formeel geassesseer word om die vlak van hul uitvoering van bewegings te bepaal. Ken 'n punt uit vyf (5) toe vir elk van die twee waarnemings, tel die twee bymekaar om 'n finale punt uit tien (10) te kry volgens die bogenoemde assesseringsinstrument.

totale vir die kwartaal

Die punte wat per kwartaal toegeken word vir onderskeidelik gereelde deelname en uitvoering van bewegings, word bymekaargetel om 'n punt uit 30 per leerder te kry. Hierdie punt uit 30 is die LOT-punt wat formeel per kwartaal op 'n rekorderingstaat aangeteken moet word.

 

2.4.5 TOETSE EN EKSAMENS

 

Toetse bestaan gewoonlik uit 'n reeks vrae. Daar word van die leerders verwag om in 'n bepaalde tyd op die vrae te reageer. Vrae is nuttig om kennis weer te gee en begrip te toets. Indien die vrae korrek gefraseer is, kan dit ook die toepassing van kennis toets. Omdat toetse maklik is om te merk, is dit 'n goeie manier om 'n summatiewe assessering uit te voer en dit is dus ook 'n nuttige formatiewe instrument.

&

Eksamens van ten minste 60 minute elk sal twee keer per jaar as deel van die interne eksamenrooster van die skool/distrik/provinsie uitmaak. Die eksamen sal die inhoud, kennis en vaardighede wat tot die tyd van die eksamen gedek is, omvattend aanspreek. Meer as een tipe vraagstelling behoort ingesluit te word en fokus veral op die toepassing van kennis op 'n geïntegreerde manier. Die halfjaareksamen sal kwartaal 1 en 2 se inhoud dek, terwyl die jaareindeksamen die hele jaar se werk sal dek.

Uitleg van eksamen

 

Die onderstaande uitleg sal gevolg word wanneer eksamenvraestelle vir Lewensoriëntering Graad 7-9 opgestel word.

Die vraestel sal uit drie afdelings bestaan. Die totale punte vir die eksamen: 70 Punte

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

NB. 'n Memorandum of gepaste riglyn vir elkeen van die bogenoemde take moet gebruik word tydens die nasien van die leerder se prestasie in 'n gegewe eksamen/projek/gevallestudie/werkstuk/ontwerp en skep. Die aard van die taak en die kennis, vaardighede en waardes wat geassesseer moet word, sal as riglyn dien vir die tipe assesseringsinstrument. Voorsiening moet gemaak word in die memorandum/riglyn vir addisionele antwoorde, asook die leerder se eie interpretasie van die vrae. Voorbeelde van gepaste assesseringsinstrumente om die leerder se prestasie in Lewensoriëntering te bepaal is: memorandum/riglyn, kriteria kontrolelys, rubriek of matriks.

 

[Die bogenoemde is ‘n kopie vanuit die: (KABV – Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring, Departement van Basiese Onderwys, Suid-Afrika, bl.25-31)]

 

_________________________________________________________________________

2.5

KÖOPERATIEWE LEER IN LEWENSORIËNTERING VIR SENIOR FASE

_________________________________________________________________________

 

 

2.5.1 VOOR – EN NADELE VAN KÖOPERATIEWE LEER

 

Voordele:

1. Leerders maak kennis met aander leerders se ervaarings.

2. Leerders ondersteun mekaar in moeilike onderwerpe en situasies.

3. Leerders ontwikkel as ‘n klein gemeenskap binne die klaskamer.

4. Leerders praat makliker ondermekaar oor kwessies in die samelewing.

5. Leerders se selfvertrou neem toe as ‘n eenheid.

 

Nadele:

1. Leerders spot ander leerders oor hulle ervaarings.

2. Leerders laat een leerder al die werk doen sonder dat hulle ‘n bydrae lewer.

3. Leerders breuk mekaar af deur binne gevegte in die groep oor verskille.

4. Leerders sukel om aantepas in die groep en kan nie rerig oor die werk saam praat nie.

5. Leerders se selfvertroue neem af en die groep sukkel om saam te werk.

 

2.5.2 ELEMENTE VAN KÖOPERATIEWE LEER

 

1. Een uitkoms as 'n groep.

2. Proses en vaardighede is meer belangrik.

3. Leerdergedrewe.

4. Help mekaar om 'n gemeenskaplike doel te bereik.

5. Onderwysers fasiliteer, kontroleer, neem waar en onderrig groepsvaardighede.

 

2.5.3 WENKE VIR EFEKTIEWE KÖOPERATIEWE LEER

 

1. Wees posetief ongeag van die moeilikheids vlak van die werk.

2. Wees produktief besig met die massas werk sodat julle nie agter raak nie.

3. Kry vroeg tydig bronne oor die onderwerp.

4. Vra vir hulp as julle sukkel met die inhoud of enige ander aspek van die werk.

5. Maak seker wat van julle verwag word teen alle tye.

 

 

 

_________________________________________________________________________

2.6

ERVAARINGSLEER

_________________________________________________________________________

 

Ervaaringsleer is die proses wat plaasvind waarin ‘n person iets leer terwyl hy / sy iets terselfde tyd ervaar. Dus is dit van kardinale belang dat die person sy / haar sintuie gebruik in die proses om iets te leer. Ervaaringsleer kan dis in die klas, buite die klas, op die speelgrond of selfs by die huis plaasvind, want ervaaringsleer is nie aan ‘n plek of tyd gekoppel nie.

bottom of page