CALL US : 1-800-000-0000

VERSTAAN
LO AS
ONDERWYSER
Wat is gesondheid ????
Gesondheid is 'n baie belangrike rol van elkeen se lewens! Gesondheid is die fisiese, emosionele, en geestelike toestand van elkeen se algemene welsyn. dit wil se dat gesondheid betekn dat daar geen persoonlike besering is nie en geen siektes nie. As onderwyser moet ons die teoretiese kompenente herken en elke les se assessering. daar is ook verskillende hulpbronne wat onderwysers kan gebruik daarom sal daar 'n "voorbeeld" les wees waar onderwysers kan idees vind.
Gesondheid


CAPS DOKUMENT GRAAD 7- 9
Assessering
Onderwysers kan van die volgende assesserings gebruik maak vir lesse en take:
# Check list
# Rubric
# Memorandum
# Obserwasie blad
Hulpbronne vir lesse..
Onderwysers kan die volgende hulpbronne gebruik vir lesse:
# Prente
# Video's
# Internet
# Handboek soos (die ken en verstaan)
# CAPS
Teoretiese Komponente
Geemenskapsgesondheid
Ingeligte, verantwoordelike besluitneming oor gesondheid en veiligheid: MIV en VIGS
CAPS GRAAD 7-9: Kwartaal 3 week 7- 8
BLADSY : 18
# Bestuur van medikasie, dieet, gesonde lewenstyl en positiewe houdings
# Voorkoming en veiligheidsmaatreëls ten opsigte van MIV en VIGS
# Versorging van persone wat met MIV en VIGS saamleef
Persoonlike Gesondheid
Konsepte: persoonlike dieet en voeding
CAPS GRAAD 7-9: Kwartaal 4 week 1-2
BLADSY : 15
# Faktore wat die keuse van 'n persoonlike dieet beïnvloed: ekologiese, sosiale, ekonomiese, kulturele en politiese faktore
# Maniere om die voedingswaarde van eie persoonlike dieet te verbeter: 'n plan vir gesonde eetgewoontes
Middelmisbruik
Sosiale faktore wat bydra tot dwelmmisbruik, insluitend die samelewing en die media
CAPS GRAAD 7-9: Kwartaal 2 week 6-8
BLADSY: 17
# Gepaste gedrag om dwelmmisbruik te voorkom en stop te sit: weiering en besluitnemingsvaardighede
# Lang- en korttermyngevolge van dwelmmisbruik: verbintenis met misdaad, geweld en opvoedkundige uitkomste
# Moontlikhede vir rehabilitasie: waar om hulp te vind, versorging en ondersteuning
Seksuele gesondheid
• Seksuele gedrag en seksuele gesondheid:
CAPS GRAAD 7- 9: Kwartaal 1 week 4-7
BLADSY : 20
# Risikofaktore wat tot ongesonde seksuele gedrag lei
# Ongewenste resultate van ongesonde seksuele gedrag: tienerswangerskappe, seksueel oordraagbare infeksies, MIV en
VIGS, lae selfbeeld en emosionele skade
# Faktore wat persoonlike gedrag beïnvloed, insluitend familie/gesin, vriende, portuurgroep en norme wat die samelewing
stel
# Strategieë om ongesonde seksuele gedrag te hanteer: weerhouding en gedragsverandering
# Beskermende faktore, waar om hulp en ondersteuning te vind: samelewingtrukture wat beskerming of weerstand teen
hoë risiko gedrag bied
# Nadelige gevolge en implikasies van tienerswangerskap vir tienerouer(s) en die kinders van tienerouers